Vancouver

Vancouver

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Kanada Kanada
 Provinsie Brits-Columbië
 Koördinate 49°16′N 123°08′W / 49.267°N 123.133°W / 49.267; -123.133
 Stigting 1866 (Gastown)
 Inkorporasie 1886
 Oppervlakte:  
 - Totaal 114,67 vk km
 Hoogte bo seevlak 2 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 603 502
 - Bevolkingsdigtheid 5 252/vk km
 - Metropolitaanse gebied 2,3 miljoen
 Tydsone UTC -8
(Pasifiese Standaardtyd)
 Burgemeester Gregor Robertson
(Vision Vancouver)
 Amptelike webwerf City of Vancouver

Vancouver [vænˈkuːvɚ] is 'n hawestad aan die Stille Oseaan, in die weste van die provinsie Brits-Columbië, Kanada, met 'n bevolking van 603 502 in 2011.

Vancouver, soos gesien vanuit Grouse Mountain

Vancouver is die naamgewende metropool van die Groter Vancouver Streeksdistrik met 2,3 miljoen inwoners en die grootste stedelike nedersetting in westelike Kanada. Die stad is vernoem na die Britse kaptein George Vancouver wat in 1792 as opmeter in die gebied werksaam was.

Vancouver is ook die naam van die groot eiland langs die kus, alhoewel dit nie deel van die stadsgebied is nie. Vancouver-eiland is met sy Fort Victoria die voormalige hoofkwartier van die Hudsonbaai-kompanjie (Hudson's Bay Company) in Wes-Kanada, wat later tot die administratiewe hoofstad van British Columbia, Victoria, ontwikkel.

Vancouver lê op 'n skiereiland tussen die Fraserrivier en die inham Burrard Inlet, met pragtige groen berge, wat tot in die somer sneeubedek bly, in die agtergrond.

Vancouver is vandag 'n kosmopolitiese stad, wat bekend staan vir sy aangename weskus-leefstyl en die vreedsame naasbestaan van 'n verskeidenheid kulture. Die stad met sy gematigde klimaat word dikwels met San Francisco vergelyk en kan danksy sy ligging en sy talle parke in baie opsigte met die Kaliforniese metropool meeding, alhoewel die naglewe van Vancouver nog nie regtig ontwikkel het nie.

Die gematigde klimaat en aantreklike omgewing maak van Vancouver 'n gewilde woonplek in Wes-Kanada, en die stad het veral sedert die tagtigerjare van die 20ste eeu ongekende ekonomiese groei beleef. 'n Groot aantal nuwe immigrante het hulle in die stad gevestig, waaronder ook tienduisende voormalige burgers van Hongkong.

Vancouver het as die gasheerstad van die Olimpiese Winterspele in Februarie 2010 opgetree. Sommige van die wedstryde het plaasgevind in Whistler, 'n dorp wat sowat 125 kilometer noordoos van Vancouver geleë is. Vancouver was die derde Kanadese gasheerstad vir Olimpiese SpeleMontreal in 1976 en Calgary in 1988.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search